Local newsNewsUpdateSponsored

AfriForum dien klagte van diskriminasie in teen regering by VN

Regering sal glo 'baklei' om deure vir AfriForum by die VN toe te maak.

AfriForum het vandag ’n klagte teen die regering by die Verenigde Nasies (VN) se spesiale verslaggewer oor die situasie van menseregteverdedigers ingedien.

“Die klagte spruit voort uit die onregmatige optrede van die Suid-Afrikaanse regering om te verhoed dat AfriForum aan die aktiwiteite van die VN deelneem,” het Ernst Roets, Adjunk Uitvoerende Hoof van AfriForum in ‘n verklaring gesê.
“AfriForum onthul vandag dat die hoofdirekteur: menseregte en humanitêre sake by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIBS) op 2 Februarie 2015 vanuit Pretoria aan ’n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger by die VN se Hoofkantoor in New York instruksie gegee het om alles in sy vermoë te doen om te verhoed dat AfriForum se aansoek om by die VN se afdeling vir nie-regeringsorganisasies te registreer, misluk.”AfriForum is sedert 2011 in die proses om ingevolge ECOSOC Resolusie 1996/31 by die vermelde forum te registreer. Die prosedure vir registrasie is prosedureel van aard en lidstate van die VN wat op die keuringspaneel verteenwoordig word (wat Suid-Afrika insluit), word verbied om politieke voorkeur as beweegrede te gebruik om organisasies voor te trek of te benadeel.”

Roets wat die sessie in New York bygewoon het is glo persoonlik deur ’n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering meegedeel dat die Suid-Afrikaanse regering nie fout kon vind met AfriForum se aansoek om by die VN te registreer nie en dat die regering se probleem met AfriForum slegs polities van aard is.

Die verteenwoordiger het Roets meegedeel dat AfriForum volgens die regering “te luidrugtig” en “te arrogant” is en dat dít die rede is waarom die regering “sal baklei” om deure vir AfriForum by die VN toe te maak.
As voorbeeld van AfriForum se “arrogansie” het die verteenwoordiger glo spesifiek verwys na die feit dat AfriForum VN-forums gebruik om bewusmaking oor plaasmoorde te skep sowel as die feit dat AfriForum destyds beswaar aangeteken het teen die feit dat die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, genooi is om die inhuldiging van president Jacob Zuma by te woon. Hierdie beswaar is aangeteken met verwysing na die onderdrukking van Suid-Afrikaanse burgers in Zimbabwe.Roets het gesê dat hierdie soos die optrede van ’n totalitêre staat lyk wat daarop uit is om minderhede in die geheim te onderdruk.

“Indien die regering egter gedink het dat hulle pogings sal help om AfriForum stil te maak, het hulle presies die teenoorgestelde bereik,” aldus Roets.Afskrifte van die klagte is ook aan die spesiale verslaggewer op die reg tot vryheid van vreedsame vergadering en assosiasie asook aan Pitso Montwedi, hoofdirekteur: menseregte en humanitêre sake by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIBS), oorhandig.

Kliek hier om die amptelike brief van AfriForum aan die VN te lees: AfriForum’s Letter of Complaint to UN

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button