Jannas-matrieks ontmoet skrywer van hul voorgeskrewe boek
"Jannas-leerlinge het dit werklik geniet en baatgevind by die produksie."

Jan Viljoen se matrikulante het onlangs die voorreg gehad om Andrè Stoltz, die skrywer en regisseur van hul voorgeskrewe boek, Mis te ontmoet.
Mis is ‘n boek se titel en opvoering naam.
Tamaryn Smith van die skool het verduidelik “Andrè is die skrywer van die matrieks se Afrikaanse boek wat hulle in prosa-gedeelte van letterkunde doen. Hy is self die reggiseur van die opvoering en hy het na die tyd met die leerlinge gepraat en vrae beantwoord sodat hulle hulle voorgeskrewe werk beter kan verstaan.”
Om dit te kan verstaan was ‘n toneelstuk dus in die skoolsaal opgevoer. Daar was vier toneelspelers te siene naamlik Miem as Amor; Gertie, gespeel deur Dedrè; Konstabel van der Riet as Charlie en Meisie gespeel deur Trix.
Smith se vêrder “Die toneelstuk speel af tydens die Depressiejare van 1938. Daar is pragtige woordspeling wat tydens die stuk plaasvind. Die woord”mis” word in ‘n verskeidenheid kontekste aangebied, naamlik die verlange na iemand, die mis in die lug, mis van diere of menslike feses.
“Die akteurs se spel was uitmuntend en leerlinge het ‘n vrae- en antwoordsessie aan die einde gehad saam met die skrywer, Andrè Stoltz. Hy was besonders beindruk met die meelewing wat leerlinge geopenbaar het tydens hierdie sessie, asook die dissipline van Jannas. Die toneel geselskap het ‘n spontane staande ovasie aan die einde van die stuk ontvang.
“Jannas-leerlinge het dit werklik geniet en baatgevind by die produksie.”
Jannas se Afrikaanse taal onderwyser, Mev. Steenekamp beplan nou om 23 Mei, Jannas leerlinge te vergesel na die Eldo Klein Teater vir die produksie Suster. Die welbekende Jannes Erasmus en Quinton Wilssal in die produksie te siene wees.




