Kuns in R’fontein word lewendig
Gemeenskap beleef plaaslike kunsuitstalling uit die boonste rakke.
Die gemeenskap van Randfontein was Saterdag by die Hamiltons Gastehuis in Robinson met ‘n kunsuitstalling uit die boonste rakke bederf.
Die kunsuitstalling was aangebied deur die Randfontein Kunsvereniging.
Volgens Magriet Botha van die Randfontein Kunsvereninging het ongeveer 13 kunstenaars hul werk aan die publiek ten toon gestel. Botha het kuns gestudeer by die Universiteit van Vrystaat, haar meesters behaal en is tans besig om vir haar doktorsgraad in kuns en kuns geskiedenis te studeer.
Verlede jaar is die Randfontein Kunsvereniging gestig want daar was geen platform vir kunstenaars om glo hul werk ten toon te stel nie. Botha sê meer as 60 mense het hul belangstelling al getoon en dat Randfontein van die hoogste standaard kunstalent het.
Die Vereeniging hou een maal ‘n kwartaal ‘n uitstalling. Een van hul mees suksesvolle funksies was “Painting in the park”. Botha spesialiseer in olieverf, teken en werk ook aan video kunswerke en waar die liggaam gebruik word om kuns uit te beeld.
Kunswerke word ook by die uitstalling verkoop teen baie bekosbare pryse. Botha se gunsteling onderwerpe wat sy skilder is oor filosofiese en sosiale kommentaar.

Cheryl Doyle, 57, nog ‘n uitstaller sê dat sy van die ouderdom van drie af skilder.Haar man en haar hondjie was van haar eerste pogings en vandag skilder sy met verskillende mediums. Haar pragtige uitbeeldings van vrouens en kinders is ‘n bewys van haar passie.
Louis Kirsten, een van Botha se grootste inspirasies, het ook sy kuns ten toon gestel. Sy mediums wat hy gebruik is potlood en grafiet. Hy gebruik grafiet op geverfde lae en die tekstuur gemeng met die grafiet gee ongelooflike interessante effekte. In een van sy tekeninge gebruik hy die konsep “Phosphene”.
In maklike terme is dit wat jy sien as jy jou oë toemaak, wat soos wit sterretjies lyk in die donker. Hy vat die konsep en beeld dit dan uit op sy eie besonderse abstrakte manier.
Kirsten se gunsteling onderwerpe om te teken is die natuur wat geïnspireer is deur sy kinderdae in die Kliprivier Natuureservaat. Hy sê dat dit hom ongeveer drie dae neem om een kunswerk te voltooi en dat dit hom ongeveer agt ure ‘n dag besig hou.
Musiek is ook verskaf gedurende die uitstalling deur Andante Kitaar se studente waar hulle vrolik op hul akoestiese kitare gespeel het. Doyle het skilder as baie terapeties beskryf en ‘n mens kan dadelik insien dat hierdie kunstenaars die mooi kant van die lewe waardeer en uitbeeld.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Lees ook:
Kuns al hoe gewilder in Randfontein
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



