Ouma Elizabeth Pelser is nie net in ‘n skrikkeljaar gebore nie, maar deel ook haar verjaarsdag met ‘n spesiale geleentheid – die jaar waarin Afrikaans as die amptelike taal aanvaar is.
Die Herald het op 1 Junie die geliefde ouma by die bekende aftree-oord, Vriendskapstuiste gaan besoek. Hier het haar dogter Elsa Hay, 66, personeel en vriende nie net vir haar gesing nie, maar haar ook met lekkernye bederf.
Ouma Elizabeth skryf haar rype ouderdom toe aan haar Here se genade.
Suster Angelique Bredenhamm sê Ouma Pelser het nog ‘n goeie eetlus, dra nie ‘n bril nie maar sukkel wel met haar gehoor. Bredenhann sê sy het ook ‘n goeie sin vir humor en hou van dagdroom. Tot op die ouderdom van 95 het sy nog na haarself omgesien en gebak en met tuinwerk besig.
‘n Baie spesiale besoeker op die dag was Willie Breytenbach,70 met wie sy reeds 60 jaar vriende is. Oom Willie sê hy het voor Ouma Pelser grootgeword en haar as ‘n “wonderlike en liefdevolle mens” beskryf.
Die Herald wens Ouma Pelser ‘n geseënde jaar toe.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Lees ook:
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



