Local newsNews
Duiweklub op koers vir plek in Wêreldbeker
Lede van die Randfontein Birningham Rollerklub is tans besig om deel te neem in die uitdunne vir 'n plek in die Wêreldbeker later vanjaar.

Op 23 Mei het die duiweliefhebbers en lede onder andere Leslie Bronkhorst, Tommy Laubscher, Hansie Grobler en Henk van der Westhuizen aan die eerste rondte deelgeneem en goed van hul taak gekwyt.
Hansie Grobler was die algehele wenner vir die dag en hy is derde op die uitdunne lys uit die 33 deelnemers wat vanuit verskillede dorpe meegeding het.
Die volgende uitdunrondte is op 6 Junie waar hul almal sowel as hul ander lid Corrie Ootshuizen se duiwe teen ander sal kragte meet.
Die klub hou beslis die spasie dop en hoop vir ‘n plek in die Wêreldbeker. Op die foto is Hansie Grobler saam ‘n beoordelaar Wimpie Fourie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



