Rappies wys hulle menslikheid
Die geskenkpakkies gaan na die skool se Voedingsprojek.
Graad 6-leerlinge van Laerskool Rapportryer het die Ubuntu-uitreikprojek, wat voortgevloei het uit die vak Persoonlike Sosiale Welstand, met hart en siel aangepak.
Kisha dos Santos en Oscar Price het behoorlik hul harte oopgemaak en saam het hulle 50 geskenkpakkies opgemaak.
Oscar het sommer sy hele familie by die projek betrek. Hulle menslikheid word deur hul medemenslikheid bewys.
Dit het uitgeloop op ‘n heerlike ontspanne sessie van uitsoek, pak en sorteer. Die persoonlike benodighede in hierdie geskenkpakke sal vir die skool se voedingsprojek aangewend word.
Die skool bedank elke Graad 6-leerling en hul ouers vir hul goedhartigheid en welwillendheid met hierdie vrywillige projek.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



