Local newsNewsSchools

RHS-toneelstuk slaan asems weg

Skool eindig tweede by ATKV-Tienertoneelkompetisie.

Randfontein High School (RHS) se drama-span het beoordelaars se asems weggeslaan tydens vanjaar se 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie.

Die skool is nie net as die naaswenner aangewys nie maar ontvang ook R20 000 prysgeld vir die toneelstuk, Die Einde.

Dit is die heel eerste keer wat hierdie skool deelneem aan ATKV-Tienertoneel. Die Einde is ’n oorspronklike, kragtige drama wat die wrede bendekultuur in ons jeugstrafstelsel uitbeeld. Dit is ’n eerlike en dikwels uitdagende uitbeelding van ’n skynbaar vergete samelewing.

Antonio Martin wat die rol van Cupcakes vertolk is as die mees belowende speler tydens die finaal aangewys. Die toekenning vir beste regisseur(s) is oorhandig aan Stephen Kotze en Amanda Jankowitz vir Die Einde.

Die nasionale wenner is Hoërskool Meisieskool Bloemhof. Hoërskool Zwartkop is 3de, Potchefstroom Gimnasium 4de en Noordheuwel 5de.

Lys van nominasies en wenners van die individuele pryse

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button