Local newsNewsSchools

Voormalige Rappie-onnie word 80

'Jong mense is baie lief vir haar.'

Phlippie Kotzé, ‘n voormalige onderwyser van Laerskool Rapportryer sal op Saterdag 24 Oktober haar 80ste verjaarsdag vier.

Phlippie en haar man Danie het in 1980 na Randfontein verhuis toe haar man se besigheid na Aureus verskuif het. Sy was vir 35 jaar ‘n onderwyser en Juffrou Phillipie – soos die kinders haar ken – het haar skoolloopbaan in 1992 by Laerskool Rapportryer afgesluit.

Sy is ‘n lewenslustige, energieke mens wat baie betrokke is by die Randfontein-gemeenskap. Sy neem deel aan uitreikprogramme vir minderbevoorregtes, besoek siek mense in hospitale, doen huisbesoek waar nodig, reël vinnig verversings vir ‘n begrafnis en mense sal dié vriendelike tannie met haar gekleurde hoedjies oral raakloop.

Sy is ook altyd ‘n helpende hand by die jaarlikse Skou, sentrums, aftree-oorde en die kerk.

As sy nie betrokke is by dié aktiwiteite nie, spring sy vining in haar rooi karretjie en ry Mosselbaai toe, of sy speel ‘n potjie kaart saam met vriende.

In haar vrye tyd lees sy graag, vul blokraaisels in en luister musiek. Waar sy tussen mense is, is daar altyd ‘n grap te vertel en die jong mense is baie lief vir haar. Elke Vrydag klokslag gaan laat doen sy haar hare vir die week. Niks kry Phlippie ooit onder nie.

Haar kinders, vriende en familie wil hierdie boodskap aan haar oordra, “Liewe ma, vriendin, ouma en oumagrootjie. Dankie vir die voorbeeld en liefde wat ma uitstraal en weggee aan ander. Geniet ma se 80ste verjaardag saam met familie en vriende.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button