Local newsNewsSchoolsBreaking News

Dapper Daniëlle sterf

Ek het geweet dit is iets wat ek nie wou hoor nie – pa nadat paramedikus sê hy moet stilhou.

Daniëlle Groenewald, 12, wat sedert haar geboorte hartprobleme gehad het, het op Dinsdag 29 September haar laaste asem uitgeblaas.

Daniëlle – of Pikkie soos mense haar geken het – was een van vier kinders. Sy was ook een van ‘n drieling en volgens haar ma die grootste van die drie babas.

Volgens haar ouers Riaan en Maryke Groenewald was Daniëlle van die begin af ‘n spesiale dogter. Sy is gebore met drie hartkamers en het drie hartoperasies ondergaan. Sy was ‘n leerling by Laerskool Rapportryer en het voluit gelewe. Haar groot liefde was sing, koor en swem en sy was ‘n baie vriendelike mens. Sy het nooit haar hartprobleme as verskoning gebruik of in die spreekwoordelike glaskas gelewe nie en wou aan alles deelneem.

Dié wat nie van haar harttoestand geweet het nie, sou nooit vermoed het sy ly aan ‘n hartkwaal nie. Sy moes net twee keer ‘n jaar vir opvolgondersoeke na Netcare Sunninghill Hospitaal toe gaan. In die laaste jaar was Daniëlle besonder gesond.

Volgens Riaan wou Daniëlle graag eendag ‘n dokter word om ander mense met dieselfde toestand te help.

Die laaste keer dat haar ouers haar lewend gesien het was Maandag 28 September toe hulle haar by die bus op pad na ‘n Graad 6-kamp in Hoedspruit gegroet het.

Volgens Riaan was Daniëlle-hulle die volgende dag besig om ‘n lantern te bekruip. ‘n Onderwyser het speels ‘n lig in haar oë geskyn en gesê, ‘Ek het jou gevang’.

Danielle het nog gelag. Kort hierna het ander leerlinge dieselfde onderwyser geroep en gesê Danielle staan nie op nie. Die paramedikus is ontbied en hulle het haar aan die lewe probeer hou.”

Riaan en Maryke was by ‘n braai toe hulle hoor wat met Daniëlle gebeur het. Die paramedikus het met Riaan gepraat en verduidelik dat hulle sukkel om haar lewe te red. Riaan het weer gebel om te hoor hoe dit met sy dogter gaan toe ‘n onderwyser vir hom sê dat hulle eerder moet deurkom en dat hulle haar na die Militêre Hospitaal in Hoedspruit sou neem.

Op pad na hul dogter toe en net voor die Lanseria-afrit het die paramedikus teruggebel en gesê hulle moet van die pad aftrek en die foon se luidspreker aanskakel.

Ek het geweet dit is iets wat ek nie wou hoor nie,” het Riaan aan die Herald verduidelik.

Die paramedikus het toe in Engels gesê, “I am sorry to tell you, but your daughter has passed away.” Nooddienste het glo ‘n uur probeer om Daniëlle by te bring.

‘n Begrafnisdiens is op Vrydag 2 Oktober by die AGS Randgate Gemeente vir Daniëlle gehou. Sy is in die tuingedeelte van die Greenhills-begraafplaas ter ruste gelê.

Maryke het ‘n gediggie in liefdevolle herinnering aan haar dogter geskryf. Hierdie is ‘n uittreksel:

Keer op keer moes jy terug, vier wit mure te oorbrug, jy veg so braaf en onverpoost, al is die lewe soms so stug.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Oud-burgemeester sterf

Geliefde Frankie sterf

Well-known Randfontein businesswoman dies

Tannie Babsie sterf

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button