NewsSchools

Riebeeckrand het ‘n hart vir diere

Meer as 100 Reibeeckrand-leerders het geverf, geskoffel, plantjies geplant en meer geleer oor hoe die DBV werk.

Leerders van Hoërskool Riebeeckrand het as deel van ‘n ATKV-Jeugdag gemeenskapsprojek hul merk by die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) gemaak.

Die uitreik was oorspronklik net vir AKV-lede, maar die organiseerders het soveel positiewe terugvoer gekry dat hulle besluit het om die hele hoërskool te betrek. Meer as 100 Riebeeckrand-leerders het geverf, geskoffel, plantjies geplant en meer geleer oor hoe die DBV werk.

Leerders is gevra om produkte te skenk, en die skool het ook ‘n paar donasies van besighede af gekry.

Graad 10-leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand, Jaydeen Louwrens en Shaniqu Lubbe, help om die DBV-kliniektafel te verf. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het produkte van nagenoeg R30 000 ingesamel – van baie sakke kos tot meer as 100 komberse. Leerders kon ook Woensdag in gewone klere skool toe gaan, mits hulle kos of R10 bring. Ons het daardie geld gebruik om dieremedisyne te koop,” het Anchené van Jaarsveld, ATKV-takbestuurder en onderwyseres by Hoërskool Riebeeckrand gesê.

“Ek is self baie lief vir diere en soveel mense aanvaar die DBV se dienste as vanselfsprekend, maar hulle het eintlik altyd hulp nodig. Ons gaan binnekort ook ‘n finansiële bydra aan hulle maak,” het sy gesê.

Volgens Anchené wil hulle graag in die toekoms steeds by die DBV betrokke wees.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button