NewsSchools

Jannas-slimkoppe beloon

‘n Graad 11-leerling van Hoërskool Jan Viljoen het ‘n wisseltrofee en kontantprys ontvang vir goeie prestasie in Fisiese Wetenskappe en Wiskunde.

Twee van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Graad 11-leerders het tydens ‘n saalopening groot pryse ontvang vir hul goeie prestasie in Fisiese Wetenskappe en Wiskunde.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is Angelique van Niekerk as Jannas se Fisiese Wetenskappe- en Wiskunde-boffin vir 2018 aangewys. Francois van Graaff van NatureBound het die wisseltrofee en ‘n kontantprys van R2 500 aan haar oorhandig.

Jannas se Angelique van Niekerk is aangewys as die skool se beste leerling in Fisiese Wetenskap en Wiskunde. Foto: Ingestuur

Ryan Keller, ook ‘n Graad 11-leerling by Jannas het R500 ontvang vir die beste vordering in albei vakke.

“Baie geluk, Angelique en Ryan. Ons is baie opgewonde en ons weet dit is die begin van groot dinge. Hierdie is jaarliks ‘n groot uitdaging aan al ons leerlinge. Groot dank aan Francois van NatureBound vir hierdie ongelooflike gebaar,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button