In Randfontein is ‘n Mercedes-Benz-voertuig gekaap terwyl die verdagtes kwansuis die voertuig vir ‘n toetsrit geneem het. Foto: Pixabay. Vir illustrasie-doeleindes.
Minstens agt ernstige insidente is gedurende die naweek van 14 tot 16 Augustus in Randwes (Randfontein/ Westonaria) by EPR Sekuriteit aangemeld.
Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente weereens by besighede plaasgevind.
Drie gevalle van inbraak by besighede is aangemeld, wat insluit ‘n poging om deur ‘n aangrensende besigheid by ‘n bank in Westonaria in te breek.
“In Randfontein is ‘n Mercedes-Benz-voertuig gekaap terwyl die verdagtes kwansuis die voertuig vir ‘n toetsrit geneem het. Die verteenwoordiger van die motorhandelaar wat die toetsrit meegemaak het, is in die been geskiet en langs die pad afgelaai. Die slagoffer sterk tans in die hospitaal aan en is buite enige gevaar. Ons wens hom ‘n spoedige herstel toe.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.