Jano Venter en Anja Lombaard. Foto: Michelle Roodt.
Die Ramkriekies van Laerskool Randfontein het op Vrydag, 5 Maart ‘n Ouma-en-Oupadag by die skool gehou.
Die leerders het te fraai gelyk en is van kop tot toon soos hul oumas en oupas aangetrek.
Ruzaan Jordaan. Foto: Michelle Roodt.
Krullers, bollas, kieries en brille was orals te sien en die leerders het regtig moeite gedoen vir dié spesiale dag. Sommige leerders het selfs krom geloop.
Daar was oral glimlagte.
Taygen Gonsalves. Foto: Michelle Roodt.
Lee-Ann Nel, een van die onderwysers het vertel dat hulle besluit het om die Ouma-en-Oupadag te hou om vir die oumas en oupas te wys dat hulle waardeer word vir alles wat hulle vir die leerders doen.
Abi Arlow. Foto: Michelle Roodt.
Dit was baie oulik en die kinders het dit baie geniet om soos hulle ouma en oupa aan te trek. Dit was iets anders en baie opwindend vir hulle,” het Lee-Ann vertel.
Zaylee Cochrane en Avin Cunningham. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.