NewsSchools

Ondanks koronavirus word Poortloop-tradisie voortgesit

Op Dinsdag, 9 Maart het Hoërskool Riebeeckrand hul jaarlike inburgersingseremonie en Poortloop gehou om al die nuwe gesigte by die skool behoorlik te verwelkom.

Honderde vars gesigte het daarna uitgesien om uiteindelik deel te word van die Riebeeckrand-familie toe hulle onlangs deur die skool se Poort gestap het.

Hoërskool Riebeeckrand se Poortloop is elke jaar ‘n spoggerige seremonie vol tradisie waar die Graad 8’s, nuwe leerders en personeellede deur die Poort stap na afloop van die inburgeringsprogram en hulle die skool se kode gelees het.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat die Poort se hekke daardie oggend oopgesluit is, en elke Graad 8-leerder wat deur die Poort geloop het se skoolbaadjie is vir hulle deur die hoofseun of -dogter aangetrek.

Die leerders het ‘n sertifikaat van die hoof en beheerliggaam, asook ‘n Gideon Bybel ontvang,” het Elzeri vertel.

As gevolg van die pandemie is die tradisie vanjaar ‘n bietjie anders as ander jare voortgesit.

Graad 8-leerder Mieke Oosthuizen, hoof Annelize van den Berg en Collin da Corte, onderhoofseun. Foto: Elzeri Wright.

“Sosiale afstand is toegepas en geen handdrukke is toegelaat nie, net elmboog-gelukwense. Dit is iets wat die Graad 8-leerders en hul ouers nie sommer sal vergeet van hierdie besondere gebeurtenis nie.”

Volgens Elzeri is daar oral breed geglimlag en die trane het soms ook behoorlik gevloei.

Ons is dankbaar dat die tradisie kon voortleef ten spyte van die buitengewone omstandighede waarin ons onsself tans bevind. Hoërskool Riebeeckrand glo dat hierdie tradisie vir baie leerders wonderlike herinneringe sal inhou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button