By Hoërskool Riebeeckrand is daar ‘n verskeidenheid aktiwiteite waaraan leerders kan deelneem. Public speaking is een van die gunstelinge.
Die skool het onlangs sy interne openbare redevoering-kompetisie aangebied en van die leerders gaan later vanjaar by die Nasionale Eisteddfod en RACA deelneem.
Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat dit wonderlik is om te sien hoe hul leerders in Engels redeneer en besonderse toesprake lewer – al is dit meeste van die leerders se tweede taal.
“Riebeeckrand wens graag al ons leerders geluk wat aan die interne kompetisie deelgeneem het. Elke toespraak was indrukwekkend!,” het Elzeri vertel.
Die top drie van die juniors en seniors as soos volg:
Juniors:
• Eerste: Susanne Marais
• Tweede: Drytton Barnard
• Derde: Mieke Oosthuizen
Seniors:
• Eerste: Anakin Slabbert
• Tweede: Marli Theunissen
• Derde: Karla Henning




