Die leerders van Ramkriekies het onlangs hul ondersteuning vir Cast Aways Animal Sanctuary getoon deur katte en honde met hul kleredrag uit te beeld.

Cast Aways het onlangs ‘n pleidooi vir dringende hulp gelewer, anders sou hulle hul deure moes sluit.
Die leerders het op Donderdag, 1 April te fraai gelyk in hul uitrustings ter ondersteuning van die organisasie, en het altesaam R1 470 vir Cast Aways ingesamel.

Monica le Roux, ‘n Ramkriekies-onderwyser het die volgende gediggie geskryf:
Dit is vir ons as Ramkriekies ‘n wonderlike dag om vir katjies en hondjies geld in te samel wat wag,
Ons trek aan soos honde en katte – ons het speelgoed en hondebakke,
Ons wil vir julle kossies bring en wil nie vir julle ‘einas’ gril,
Hoop ons bydrae maak ‘n groot gat toe en wens julle alles wat mooi is vorentoe.




