NewsSchools

Riebeeckranders presteer in kykNET-toneelspelkompetisie

Vier van Hoërskool Riebeeckrand se leerders het onlangs deurgedring na die finaal van die kykNET-toneelspelkompetisie.

Hoërskool Riebeeckrand is trots om aan te kondig dat vier van hul leerders vanjaar deurgedring het na die finaal van die kykNET-toneelspelkompetisie.

Van 6 tot 12 Mei 2021 gaan 81 talentvolle finaliste van regoor die land in Kaapstad teen mekaar kompeteer.

Rick van den Berg. Foto: Elzeri Wright.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is vanjaar die vyfde jaar dat Riebeeckrand-leerders deurdring na die finaal van hierdie nasionale toneelspelkompetisie. Hulle is Dallyn Windvogel, Devonique Breedt, Junior Khumalo en Rick van den Berg.

Devonique Breedt. Foto: Elzeri Wright.

“Ons beskou dit as ‘n groot prestasie aangesien honderde leerders van regoor die land vir dié kompetisie inskryf.”

Junior Khumalo. Foto: Elzeri Wright.

Riebeeckrand is ontsettend trots op hierdie leerders en wens hulle sterkte toe met hul deelname aan die finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button