NewsSchools

Talle Riebeeckrand-dogters in D2-span, Gauteng-oefengroep

Hoërskool Riebeeckrand spog vanjaar weer met nege dogters in die D2-span en twee dogters in die Gauteng-oefengroep.

Ten spyte daarvan dat byna geen sportbyeenkomste in 2020 plaasgevind het nie is Hoërskool Riebeeckrand se netbaldogters weer vuur en vlam op die netbalbane.

Volgens skoolwoordvoerder Elzeri Wright presteer dié dogters uitmuntend in hul spanne asook individueel.

“Op 15 April het al die netbalspanne hulle eerste wedstryde teen Krugersdorp High School (KHS) gespeel waarvan sewe Riebeeckrand-spanne aan die wenkant was. Een span het gelykop gespeel en slegs een span het net-net verloor.”

Sy het gesê aangesien vanjaar se sportbyeenkomste nie deur ouers en ondersteuners bygewoon mag word nie, is die eerstespan se wedstryd regstreeks op die skool se Facebook-blad uitgesaai sodat ouers en ondersteuners steeds in die opwinding kon deel.

“Die netbalspanne het vyf wedstryde gespeel voordat kontaksport op 19 Mei deur die Departement van Onderwys gestaak is. Ons leerders het hard geoefen en dit baie geniet om weer terug te kon wees op die netbalbane. Hulle is dankbaar vir die geleenthede wat hulle gehad het om te kon speel, en boonop uitstekend kon presteer.”

Elzeri het bygevoeg dat Riebeeckrand jaar na jaar met ‘n hele aantal netbaldogters in die D2-span en Gauteng-oefengroep spog, en dat vanjaar geen uitsondering is nie.

“Vanjaar spog ons weer breëbors met nege dogters in die D2-span, en twee dogters wat deel is van die Gauteng-oefengroep.”

Die dogters wat in die D2-span opgeneem is, is Omolemo Molokela (o.14), Karabo Motsisi (o.14), Kopano Mzondi (o.14), Angela Nkomo (o.14), Kerathilwe Motshaba (o.15), Rendani Mashao (o.15), Chantey Zaayman (o.17), Devonique Breedt (o.18) en Nicola van der Merwe (o.18).

Die twee dogters wat verder gevorder het en in die Gauteng-oefengroep opgeneem is, is Karabo en Chantey.

“Riebeeckrand is baie trots op hul netbaldogters en -afrigters.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button