NewsSchools

KYK: Stappe volg na ontstellende video van plaaslike leerders

Die Onderwysdepartement het die versekering gegee dat die nodige stappe gedoen sal word.

‘n Ontstellende video op sosiale media waarin twee Hoërskool Riebeeckrand-leerders verskyn het die gemeenskap aan die gons.

Kyk hier:

 

Steve Mabona, woordvoerder van die Gauteng Onderwysdepartement het bevestig dat die ongelukkige voorval op Woensdag, 19 Mei by Hoërskool Riebeeckrand plaasgevind het. Hy het gesê dat die skool se beheerliggaam en bestuur aandag aan die saak gee, en dat amptenare van die departement die skool besoek het.

Mabona het beklemtoon dat sulke swak gedrag nie by hul skole geduld sal word nie. Volgens inligting tot die departement se beskikking wou die dogter bloot die seun in eie munt terugbetaal omdat hy na bewering ander by die skool afknou.

Mabona het die versekering gegee dat die nodige stappe gedoen sal word.

Die skool het die volgende verklaring uitgereik.

“Hoërskool Riebeeckrand is bewus van die video wat Sondag op sosiale media versprei het. Die skool het reeds Maandagoggend met ‘n ondersoek begin. Alle betrokke partye word ondervra en sal dissiplinêr aangespreek word soos nodig. Die saak word nie ligtelik opgeneem nie. Die Onderwysdepartement was vroegoggend reeds by die skool en die beheerliggaam is ook betrokke by die ondersoek. Sodra die ondersoek afgehandel is, sal ‘n volledige verslag aan die Onderwysdepartement gestuur word.

“Indien enige ouer meer inligting rondom die situasie wil hê kan hulle gerus die Onderwysdepartement skakel. Ons leerders en hulle veiligheid is vir ons baie belangrik. Die skool keur geen vorm van boeliery of bakleiery goed nie. Riebeeckrand staan steeds sterk as ‘n skool met opvoedkundige waardes waar elke leerder saak maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button