NewsSchools

Ram gesluit tot 25 Junie: 15 leerders, agt onnies toets positief

Departement van Onderwys bevestig Laerskool Randfontein is tydelik gesluit weens Covid-19. Daar is ook kommer oor drie ander plaaslike skole.

Met die stygende aantal Covid-19 infeksies en vir die veiligheid van almal betrokke het Laerskool Randfontein toestemming gekry om die skool van Donderdag, 17 Junie tot Vrydag, 25 Junie tydelik te sluit.

Die skool sal weer op Maandag, 28 Junie heropen.

Departement van Onderwys-woordvoerder Steve Mabona het aan die Herald bevestig dat die sluiting van die skool verband hou met Covid-19.

Daar is tans agt onderwysers en 15 leerders wat positief getoets het vir Covid-19; ses onderwysers is tans in isolasie, terwyl 155 ander leerders in isolasie is omdat ouers/ familielede positief getoets het.”

Hy het bygevoeg dat sekere gevalle reeds bevestig is as positief, terwyl ander nog wag vir hul toetsuitslae.

“Die Gauteng Departement van Onderwys in samewerking met die Gauteng Departement van Gesondheid het aanbeveel dat die skool gesluit word ter wille van die veiligheid van al die leerders en onderwysers.”

Die skool het die ouers in ‘n omsendbrief op sosiale media daarvan in kennis gestel.

Mabona het ten slotte gesê dat te midde daarvan dat die provinsie reeds die derde golf van Covid-19 infeksies ervaar, hulle berigte ontvang het van Covid-19 gevalle by die volgende skole in die area:

• Laerskool Rapportryer
• Randfontein Primary
• Randfontein High School

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button