NewsSchools

Rappies-onnies staan tou om teen Covid-19 ingeënt te word

Personeel van Laerskool Rapportryer en Rappies Pre-primêr het op Woensdag, 23 Junie hul entstof by die Greenhills Sportstadion ontvang.

Personeel van Laerskool Rapportryer het Woensdag, 23 Junie moue opgerol om die Covid-19 entstof te ontvang.

Dit was die eerste dag van die Departement van Onderwys se onderwyserinentingsprogram.

Skoolwoordvoerder Esmè Botha het vertel dat terwyl Rappies gesluit was, 17 onderwysers en 47 leerders positief getoets het vir die koronavirus, en 164 leerders was in kwarantyn.

Die skool word daagliks in kennis gestel van positiewe gevalle, en ons besef dat Randfontein in dié stadium ‘n hoërisikogebied is.”

Personeel van Laerskool Rapportryer was voor in die ry by die Greenhills Sportstadion op Woensdag, 23 Junie om ingeënt te word. Onderwyspersoneel in die omliggende gebiede sal almal oor die volgende drie weke by die stadion ingeënt te word.

Talle skolepersoneellede het in die ry gestaan om hulle Covid-19-entstof te ontvang. Foto ingestuur.

Volgens Esmè was Rappies Pre-Primêr ook saam met Laerskool Rapportyer gesluit, en Juffrou Sonja van Tonder, hoof van Rappies Pre-primêr is Woensdag saam met haar personeel ingeënt.

Rappies hou die inwoners van Randfontein in hul gebede; mag almal wat siek is spoedig herstel, en ons dorp vinnig terugkeer na normaal. Leerders van al die skole, ouers en personeel, wees veilig, dra julle maskers en saniteer want dit is belangrik vir die veiligheid van ons gemeenskap.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button