Laerskool Rapportryer moes van Annelie Hefer, ‘n onderwyser by die skool afskeid neem nadat sy op Saterdag, 26 Junie haar stryd teen Covid-19 verloor het.
Esmè Botha, skoolwoordvoerder het vertel dat Annelie baie kinderlewens aangeraak het en deel was van baie mense se lewens.
Sy was ‘n merkwaardige onderwyser en laat ‘n groot leemte in die skool en in die gemeenskap.
Covid het ons geliefde juffrou van ons af weggevat, en ek dink as sy een boodskap kon nalaat sou haar woorde wees, ‘Skat, wees veilig, pas jouself op’,” het Esmè gesê.
Laerskool Rapportryer se gebede vergesel haar man Leon, hul seun Leonardo, haar moeder en al haar familie, vriende en kollegas.
Lees ‘n vollediger artikel in volgende week se Herald.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.