NewsSchools

Rappies se hoop vir die toekoms ingehuldig

Laerskool Rapportryer het onlangs hul inhuldigingseremonie vir hul Graad 1-leerders gehou.

Laerskool Rapportryer se skoolsaal was volgepak met trotse ouers tydens ‘n spesiale geleentheid vir die nuwe groep Graad 1’s.

Op Maandag, 31 Januarie is die skool se groentjies ingehuldig tydens ‘n spoggerige seremonie waartydens elke leerder die klok kon lui en ‘n sertifikaat van skoolhoof Andrè Kruger ontvang.

Volgens skoolwoordvoerder Esme Botha is die skool se nuwe gelukbringer ook bekendgestel, en Rappiesaurus het ook sommer die klok gelui en sy sertifikaat ontvang.

Skye Baartman ontvang haar sertifikaat. Foto: Michelle Roodt.

Esme het vertel dat die opening waargeneem is deur juffrou Celeste Wentzel wat uit Jeremia 29:11 voorgelees het.

“Ek weet wat ek vir julle beplan het, sê die Here: Ek wil dat julle hoop vir die toekoms moet hê.”

Celeste het vertel dat daar hoop geplant moet word in Graad 1’s se harte want hulle is ons toekoms.

Ons is baie trots op elke Graad 1-leerder en ons kan nie wag om saam met hulle en hul ouers ‘n hoopvolle toekoms te bou nie,” het skoolhoof Andrè Kruger tydens die spoggeleentheid gesê.

Zeané Gouws lui die klok. Foto: Michelle Roodt.
Blake Lottering lui die klok. Foto: Michelle Roodt.
Righardt de Koker. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button