Hoërskool Jan Viljoen se Graad 8-leerders het hul groentjiekonsert vir maats, familie, en Jannas-personeel gehou.
Spongebob, Dora the Explorer, Teenage Muntant Ninja Turtles, Fairly Odd Parents was almal deel van die konsert, en die Graad 8’s het met hul verskeidenheid kostuums en musiek ‘n plesierige vertoning verseker.

Die Jannas Odd Teenage Spongymunk Explorers of Madagascar is op Woensdag, 19 Januarie aangebied.
Die skool se leiers het saam met die Graad 8-leerders deelgeneem en dit was ‘n aand van dans, musiek en lag.

Jan Viljoen is baie trots daarop om hierdie groep Graad 8-leerders uiteindelik as lede van die Jannas-familie te verwelkom.










