Dit was weer tyd vir die jaarlikse groentjiekonsert by Hoërskool Riebeeckrand en die Graad 8-leerders het alles uitgehaal om hul beste voetjie voor te sit.
Vanjaar se tema was The Royal Bachelorette, en daar was kleurvolle kostuums, gekleurde beligting en groot entoesiasme.
Thagalo Sello en Pule Xaba. Foto: Michelle Roodt.
Hoofdogter Kaela Smuts het die storie vertel van ‘n prinses wat soos die gewilde TV-reeks karakter Nanny McPhee was – lelik aan die begin maar soos wat sy verlief raak, het sy mooier geword. Haar ouers was baie bekommered want sy wou nie trou nie en toe reël hulle met ‘n koninklike adviseur vir haar ‘n vrygesel (bachelor). Daar was nege waaruit sy kon kies, onder andere Riebeeck van Rand, en dit is wie sy uiteindelik gekies het.
Armand Martins en Melisca Wray. Foto: Michelle Roodt.
Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat hoofdogter Kaela Smuts en onderhoofdogter Karla Henning die teks geskryf het. Hulle het ook die hoofkarakters afgerig, en die dansgroepe is deur die seniorraadslede afgerig.
Hierdie jaar se groentjiekonsert was een vir die boeke. Die Graad 8-leerders het hulself deeglik geniet en hul gehoor behoorlik vermaak.
Ryan da Silva. Foto: Michelle Roodt.Omphemetse Ntoagae haal die beste danspassies uit. Foto: Michelle Roodt.Calvin Smith geniet homself. Foto: Michelle Roodt.Donavan Groenwald, Jayden Viljoen en Carlo Jacobs. Foto: Michelle Roodt.Kennedy Ranna. Foto: Michelle Roodt.Waldo van Aswegen. Foto: Michelle Roodt.Carlo Jacobs. Foto: Michelle Roodt.Bianka Gumede in aksie. Foto: Michelle Roodt.Dakota Naude op die verhoog. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.