NewsSchools

So het RAM die maand van liefde gevier

Die leerders van Laerskool Randfontein het die skool rooi geverf toe hul vanjaar Valentynsdag gevier het met kaartjies, geskenke en lekkers.

Liefde was in die lug vir die leerders by Laerskool Randfontein tydens vanjaar se Valentynsdagvieringe.

Die leerders was op Maandag, 14 Februarie in rooi, wit en pienk getooi om die maand van liefde te vier.

Daar was ook ‘n groot tafel vol lekkers, kolwyntjies, ballonne, oliebolle en vele meer met ‘n Valentyns-tema wat die leerders gedurende die dag kon koop.

Hulle kon kaartjies en geskenkies van die huis af bring, of hulle kon dit by die skool koop. Dit is dan vir die leiers gegee wat dit aan die betrokke leerders se Valentyn oorhandig is.

Die skool het beslis die maand van liefde voluit gevier en die dag sommer baie geniet!

Seth Mclaren, Johannè Rudd en Alexander Behr met hul kaartjies. Foto: Michelle Roodt.
Jonathan Joyner blaas vir Danika Esterhuizen ‘n soen. Foto: Michelle Roodt.
Armand Pretorius en Annika Kotze. Foto: Michelle Roodt.
Damion Venter en Jenine Hörnemann. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button