NewsSchools

Poortloop-seremonie vir Riebeeckrand Graad 8-leerders

Elke Graad 8-leerder van Hoërskool Riebeeckrand stap na die inburgeringsprogram deur Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander beskou te word.

Hoërskool Riebeeckrand se Graad 8-leerders is nou volwaardige Riebeeckranders.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het van Riebeeckrand se pragtige tradisie van Poortloop vertel.

Elke Graad 8-leerder van Hoërskool Riebeeckrand stap na die afloop van die inburgeringsprogram deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckranders beskou te word.”

Die hekke van die Poort is op Vrydag, 4 Februarie oopgesluit sodat die Graad 8-leerders daardeur kon stap.

“Elke leerder wat deur die poort geloop het, se skoolbaadjie is vir hulle deur ‘n seniorraadslid aangetrek en hulle het ‘n sertifikaat van die hoof en beheerliggaam ontvang.”

Die Poortloop-seremonie by Hoërskool Riebeeckrand. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat ouers ook die spesiale seremonie bygewoon het en kon foto’s en video’s van hul kinders neem sodat hulle altyd die dag kan onthou.

Alle Graad 8’s was ongelooflik bly dat hulle nou beskou word as volwaardige Riebeeckranders nadat hulle deur die Poort se hekke gestap het.

Dit is die skool se wens dat al die leerders welkom voel by hul pragtige skool.

Melisca Wray, Riebeeckrand-hoof Annelize van den Berg, en Lesedi Kubjana. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button