NewsSchools

Riebeeckrand-leerders ontvang erkenning tydens akademiese prysuitdeling

Vier van hul leerders het ook tydens die geleentheid lourierkleure ontvang.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul akademiese prysuitdeling gehou waartydens hul leerders erkenning gekry het vir hul harde werk.

Tydens die geleentheid op Dinsdag, 8 Februarie en Donderdag, 10 Februarie het die leerders sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë ontvang, en die akademiese Top 10 en Top 20 is ook aangewys.

Skoolwoordvoerder, Elzeri Wright het vertel dat vier van hul leerders lourierkleure ontvang het.

Lourierkleure is die hoogste toekenning wat tydens die akademiese prysuitdeling oorhandig word. ‘n Graad 10-leerder moet ‘n gemiddeld van 87% of meer hê om lourierkleure te kan ontvang, en ‘n Graad 11-leerder moet 85% of meer behaal,” het sy vertel.

Die volgende leerders het lourierkleure ontvang:

Zandri du Plessis (Graad 10), Chantey Zaayman (Graad 11), Kylie Gouws (Graad 11), Justin van Aswegen (Graad 11) en Karla Henning (Graad 11)

Die onderskeie grade van 2021 se Top-10 is soos volg:

Graad 8:

• 1ste – Francois Loubser; gesamentlik 2de – Naledi Mosehla en Conrad Brandt; 4de – Leané Nolan; 5de – Mckayla Linde; 6de – Lindiwe Mathonsi; 7de – Juandré Vorster; 8ste – Owen van Heerden; 9de – Natasha van den Heever; en 10de – Carla van der Westhuizen.

Graad 9:

• 1ste – Ankia Henning; 2de – Drytton Barnard; 3de – Gizelle van Rooyen; 4de – Megan Blommetjies; gesamentlik 5de – Cheri van Niekerk en Linomtha Mahuwa; 7de – Zandisile Mtjali; 8ste – Nombuso Gumpo; 9de – Nalene Oosthuizen; en 10de – Naledi Ndlovu.

Graad 10:

• 1ste – Zandri du Plessis; 2de – Orefile Mpadisang; 3de – Dylan Eloff; 4de – Meghan Kelly; 5de – Nathaniel Wangra; 6de – Zelri Wagener; 7de – Ilanya Mandelstam; 8ste – Q’hanri Nel; 9de – Leila Snyman; en 10de – Unicus van Wyk.

Graad 11:

• 1ste – Karla Henning; gesamentlik 2de – Kylie Gouws en Justin van Aswegen; 4de – Chantey Zaayman; 5de – Inhle Gumpo; 6de – Ntando Allie; 7de – Buhlebenkosi Ndhlovu; 8ste – Blessings Mudarikwa; 9de – Kaela Smuts; en 10de – Carli Rall.

Riebeeckrand se hoof en personeel is baie trots op die leerders se harde werk en puik prestasies wat hulle behaal het. Die akademiese Top 5 van elke graad is op 17 Februarie met ‘n heerlike Mugg & Bean-ontbyt bederf. Harde werk word by Riebeeckrand beloon!” het Elzeri gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button