NewsSchools

Riebeeckrand-voedingskemaleerders met pizza’s bederf

Riebeeckrand se voedingskemaleerders sal een keer 'n maand met of smullekker pizza's of burgers bederf word.

Hoërskool Riebeeckrand se voedingskemaleerders is onlangs deur Debonairs en Steers Randfontein met lekker kos bederf.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat die skool baie dankbaar is teenoor die twee kitskosreuse vir hul goedhartigheid.

“Die bederf laat ons voedingskemaleerders breed glimlag,” het sy vertel.

Een van die areabestuurders van Debonairs Randfontein, André Smit, het vertel dat hulle met ‘n projek begin het naamlik ‘Doughnation’.

Ons maak pizza-brode en skenk dit vir mense in nood. Ons het hande gevat met skole en gemeenskappe om ons want dit is die gemeenskappe wat ons ondersteun, daarom help ons dié wat hulp nodig het,” het André vertel.

Nog ‘n areabestuurder van Debonairs en Steers in Randfontein, Ruan Croucamp het vertel dat Hoërskool Riebeeckrand hulle ondersteun, daarom ondersteun hulle weer die skool.

“Steers en Debonairs het betrokke geraak by die skool, en Debonairs het ‘n projek begin waar hulle teruggee aan die gemeenskap. Daarom het ek vir André gevra hoekom raak ons nie self betrokke by die skole wat ons ondersteun nie, spesifiek Riebeeckrand.”

Hulle bederf gevolglik die voedingskemaleerders so een maal ‘n maand met pizza of ‘n burger.

Ons hoop ons kan van krag tot krag gaan want die publiek ondersteun ons en ons gee weer terug aan die gemeenskap; dit gaan vir ons daaroor dat Randfontein vir ons soos ‘n geslote gemeenskap is,” het Ruan verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button