Die RAM Extreme Pom-Pom-groep nadat hulle gewen het. Foto ingestuur.
Laerskool Randfontein is baie trots op hul twee pom-pomgroepe wat op Saterdag, 4 Junie deelgeneem het aan die Federation of dance drill, cheerleading and majorette sport: Gauteng province-kompetisie.
Organiseerder van die Ram Extreme-groep, Diane Matthews het vertel dat RAM Extreme en die RAM Pom-Poms by die Arnold Classic in die opedansafdeling deelgeneem het.
RAM Extreme het ‘n eerste plek behaal en die RAM Pom-Poms ‘n derde plek.
Altwee groepe het gekwalifiseer vir die provinsiale kompetisie wat op Saterdag, 25 Junie in Eldoraigne gaan plaasvind.
Diane het vertel dat die RAM Extreme-groep aan die nasionale kompetisie gaan deelneem wat op 13 Julie in Bloemfontein plaasvind.
“Harde werk werp vrugte af,” het sy gesĂȘ.
Baie dankie aan Chineque Mulder, organiseerder van die RAM Pom-Poms en hul afrigter Angie Pita asook RAM Extreme se afrigter Khaya Dhladhla.
Die RAM Extreme-groep het onlangs ‘n eerste plek behaal toe hulle by die Arnold Classic deelgeneem het. Foto ingestuur.Die RAM Extreme-groep het onlangs ‘n eerste plek behaal toe hulle by die Arnold Classic deelgeneem het. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.