Local newsNews

Geliefde pa en held, Lucas Visagie, oorlede

Die afsterwe van die 65-jarige Lucas Andries Visagie het die harte van baie geraak, insluitend sy familie, vriende en Mapogo A Mathamaga, wat hom as 'n held beskou het.

Geliefde pa en held, Lucas Andries Visagie (65), wat onlangs sy stryd teen ’n longsiekte verloor het, word met liefde en dankbaarheid onthou deur sy familie, vriende en kollegas van Mapogo A Mathamaga.

Sy dogter, Lucille Alicia Labuschagne, beskryf hom as uniek, sterk en altyd getrou aan homself.

“Hy het altyd gesê: Wees jouself, of mense dit aanvaar of nie,” vertel sy. Sy onthou ook hoe hy tydens haar swangerskap oor haar en haar kind gewaak het. Sy kleinkinders, Rayden (14) en Luan (5), was sy grootste trots.

Lucas het in 2017 by Mapogo A Mathamaga aangesluit en later as skofleier gewerk.

“Hy het dit werklik geniet om sy uniform aan te trek en was trots daarop om ander te beskerm,” sê Lucille.

Lucas saam met sy familie.

Mapogo se operasionele bestuurder, Mac van Zyl, beskryf hom as ’n toegewyde leier wat altyd sy mense se belange op die hart gedra het. Sy vriendin, Cecelia Maria Brits, onthou hom as ’n liefdevolle en lojale man wat tot die einde toe geveg het en altyd bereid was om ander te help.

Volgens sy dogter word Lucas hierdie week veras. Sy nalatenskap leef voort in die harte van almal wat hom geken het.

Lees die Herald se uitgawe van 3 Oktober vir ’n meer in-diepte artikel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button