MunicipalUpdate

Randpoort Tuiste loop erg deur weens kragonderbreking

Randpoort Tuiste se bejaardes ly erg weens die huidige kragonderbreking en vra die gemeenskap se hulp om deur hierdie moeilike tyd te kom.

Soos talle ander inwoners in veral die Randgate-area loop Randpoort Tuiste erg deur onder die huidige kragonderbreking.

Verskeie inwoners het hul struwelinge gedeel insluitend Attie van Vuuren wat verduidelik hulle leen tans ‘n kragopwekker by Vriendskaptuiste om onder andere hul selfone te laai en ligte aan te hou. Hy het bygevoeg dit is slegs ‘n 30l kragopwekker wat hulle ongeveer R700 kos om diesel te koop.

• Lees ook: Substation fault leads to power outage

Attie van Vuuren, Alice Hanekom en Joey Eloff wys ‘n koeler wat van Vuuren by iemand moes leen om ‘n paar goed koud te hou.

Spokie Britz, ‘n ander inwoner, het vertel haar grootste bekommernis is die kos wat afgaan in haar vrieskas. Om te stort is ook ‘n probleem en sy hoop die kragonderbreking kom vinnig tot ‘n einde.

• Lees ook: Repairs continue at Market Substation

Joey Eloff, ook ‘n inwoner het verduidelik hulle moet tans hul klere met die hand was. Van Vuuren het bygevoeg hy moet sy wasgoed by ‘n wassery gaan ingee, wat ekstra onkostes is, maar nie almal het die geld om dit te doen nie.

Vivienne Doyle het gesê sy moes ook haar kos in die yskas weggooi en wonder wie gaan daarvoor betaal, om nie te praat van die inwoners wat insulien gebruik of van suurstof afhanklik is nie. Hulle het ‘n insident genoem waar hulle op ‘n inwoner afgekom het wat reeds blou om die mond was omdat sy nie suurstof kon gebruik nie. Van Vuuren het bygevoeg hy self moet met ‘n respiratoriese masjien slaap maar noudat die krag af, is gebruik hy maar ‘n masker.

Spokie Britz soos soveel ander laai haar foon met die kragopwekker.

Doyle het ook genoem baie inwoners se kinders bly ver of selfs oorsee en kan hulle nie help nie. Alice Hanekom het gesê hulle kan nie kos koop nie, aangesien dit afgaan en nie almal het gasstowe om die kos gaar te maak nie.

Hulle het verduidelik hulle koop maar ys om ‘n paar goed koud te hou en gebruik poeiermelk.

Daar is tans 67 inwoners in die tehuis en hulle benodig hulp met diesel vir die kragopwekker, vleis en groente, finansiële bystand en een ete vir ‘n dag.

Enige persoon wat wil bydra kan die kantoor skakel by 011 412 1056 of Dalena Botha by 082 799 2122.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button