LettersMunicipal

BRIEF: Dankie Oom Piet!

Palm Eiendomme het hul dankbaarheid teenoor Piet Lottering uitgespreek, wie weer ingespring en die keer Noordweg reggemaak het.

• Ansie Fourie namens Palm Eiendomme skryf:

Ek weet ons mense is moedeloos en radeloos en het skaars ‘n goeie ding om van Randfontein te sê weens die swak diens – die paaie, riool, krag en watertekort om net ‘n paar te noem.

• Lees ook: Oom Piet is terug in aksie

En ek weet soveel mense het al vir Oom Piet bedank vir sy onbaatsugtige diens, maar ek wil vandag namens myself en Palm Eiendomme sê, dankie Oom Piet. Ek dink ek praat van almal in die omgewing van Noordweg 9.

Die swaar voertuie stop nie by die stopstraat van Crane- en Larkstraat nie. Hulle gee net niks om en selfs jou gewone motoris, dikwels die wat mos die groot bakkies ry, gee net so min om.

Ons het so gesukkel om by ons hek uit te draai in Noordweg in, want dis skoon vir ons aan die regterkant. So ons kan links draai maar nou kom daar ‘n voertuig aan en moenie dink hy gaan voor daai groot gat stop nie. Nee, hy swaai net doodeenvoudig uit vir die gat en reg voor jou in.

So, Oom Piet, vir die hoeveelste keer, baie dankie!

En dan net so tong in die kies vraag: Die mense wat nog so kla en kla, gaan julle asseblief ‘n bydra vir Oom Piet maak? Ek vra maar net …

Die gat op Noordweg nadat Oom Piet herstellings gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button