Local news

Oom Piet sterk aan na noodoperasie

Dit is 'n kort pad na herstel vir Oom Piet na 'n noodoperasie en beplan hy om weer spoedig aan die werk te spring.

Piet Lottering, beter bekend as Oom Piet, sterk tans aan na sy noodoperasie.

Die 65-jarige was op 21 Maart opgeneem in die hospitaal.

“Die oorsprong van die probleem was my bloedsirkulasie in my heup. Dit het veroorsaak dat ek nie my bene kon voel nie. Ek moes toe gaan vir ‘n noodoperasie om die vernoude are oop te maak. Die operasie het wel goed verloop en selfs die dokter het gesê dit is ‘n wonderwerk,” het Oom Piet vir die Herald verduidelik.

• Lees ook: Oom Piet steeds aan die gang

Hy het bygevoeg dat die bloedsirkulasie-probleem vir ongeveer twee jaar al pla.

“Ek sal meer moet begin loop om my bloedsirkulasie konstant te hou,” het Oom Piet gesê.

Oom Piet is bekend vir sy gewilligheid om ‘n verskil te maak in die dorp en g’n uitdaging is vir hom te groot nie.

• Lees ook: Gaan Oom Piet af tree?

Hy kan gereeld in die dorp gesien word waar hy of besig is om of slaggate te vul of hekke reg te maak.

Ten spyte van die terugslag, glo Oom Piet dat hy vinnig sal terugkeer om sy slaggat-herstelling ekspidisie voort te sit.

“Ek sal binnekort weer slaggate kan herstel en behoort reeds teen volgende week aan die werk te spring. Nietemin, ek is weer terug en beskikbaar. Ek sal die gemeenskap altyd veilig probeer hou. Sonder die gemeenskap, sou ek nie hierdie werk kon voltooi nie,” het Oom Piet afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button