Local news

‘Dwelms breek harte’ – dwelmverslaafde

Verslaafde van Toekomsrus praat oor hoe dwelms 'n mens fisies en emosioneel afbreek, selfs jou lewe kan verwoes.

Die Randfontein Herald het met ‘n huidige dwelmverslaafde van Toekomsrus oor dwelmmisbruik gesels. Die man het gekies om anoniem te bly.

Hy gebruik huidiglik verskeie dwelms soos nyaope, mandrax en Crystal Meth (Tik) vir meer as 10 jaar.

“Daar is niemand anders om te blameer nie, behalwe myself. Ek het die keuse gemaak om dwelms te begin gebruik weens emosionele probleme,” het hy verduidelik.

Volgens die man is dit nie die moeite werd om dwelms te gebruik nie omdat die pyn terug kom nadat die dwelm vir jou ‘n energiehupstoot gegee het. Hy vertel verder dat dwelms ‘n mens fisies en emosioneel afbreek, selfs jou lewe kan verwoes.

“Dwelms het my familie uitmekaar geskeer. Nadat my ma en pa oorlede is, was daar niemand om my by te staan nie. Dwelms breek mense se harte,” het hy gesê.

Hy beweer dat mense hom probeer help, maar hy wil nie deur rehabilitasie gaan nie. Hy wil graag self die keuse maak om dwelms op te gee. Hy het lirieke van ‘n Michael Jackson lied aangehaal.

“Ek begin met die man in die spieël. Ek vra hom om sy maniere te verander,” het hy gesing.

Die man is wel bekommerd oor die invloed wat dwelms het op die jeug het.

Hy waarsku dat dwelmhandelaars geneig is om selfs dwelms aan kinders te verkoop.

“Die jeug moet opstaan en veg teen die stryd van dwelms. Die ouer mense moet besef dat die jeug by hulle leer en daarom moet volwassenes die regte keuses maak,” het hy afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button