Local news

EG Kerk Randfontein hou kermis vir een en almal

Talle mense het opgedaag om die verskeidenheid van stalletjies te besoek.

Die EG Kerk Randfontein se onlangse kermis het hope vermaak vir die gemeenskap aangebied.

Van kos stalletjies tot handgemaakte beertjies en dies meer, besoekers kon ook kies en keur tussen die beskikbaarhede.

Hester Spalding.

Een van die organiseerdes, Veruschke Janse van Rensburg, het vertel dat dit die eerste jaar is wat hulle kermis hou. Die hoofdoel was om finansies in te samel vir hulle uitreike en bedienings in die gemeenskap.

Henry Jacquire.
Elsje en Stephanus Schoeman.

Die ander organiseerders het Elize Erasmus, Gawie Erasmus, Yolandé Scholtz en Henk Swanevelder ingesluit.

Veruschke Janse van Rensburg.

Volgende jaar wil hulle groter gaan. Veruschke het genoem hulle het net oor die 20 stalletjies gehad. In die toekoms beplan hulle om nog uit te brei.

Louis Kupke en Mathilde Nel.

Ds Riko Scholtz het vertel, “Net die saamkom van die mense is baie spesiaal. Almal werk saam en geniet dit.”

Kosie Beukes was die gaskunstenaar terwyl verskeie skoolkore ook opgetree het.

Carryn Schelle en Chantelle Bouwer.

Related Articles

 
Back to top button