Verstopte drein in Noordweg: Oom Piet en span spring weer in
Oom Piet en sy span is weer aan die gang met 'n nuwe projek.
Op 18 Februarie het Oom Piet Lottering en sy span weer ingespring om die paaie veiliger te maak vir inwoners – hierdie keer met die fokus op verstopte dreine in Noordweg.
Volgens hom word die dreine op Noordweg deur rommel en modder versper.
• Lees ook: BRIEF: Dankie Oom Piet!

“Die kinders wat by Hoërskool Randfontein (RHS) skoolgaan, kan nie die pad gebruik wanneer hulle loop nie. Wanneer dit reën, is die pad so vol water dat verkeer net aan die een kant van die pad kan ry. Dit veroorsaak ‘n opeenhoping van verkeer. Dit kan uiters gevaarlik word.
• Lees ook: Oom Piet is terug in aksie
“Die water bly dus ook vir lang tye opgedam waarna die teer begin lig en die slaggate vererger. Daarom het ek besluit om die projek aan te pak,” het Oom Piet verduidelik.

Oom Piet en sy span het reeds een drein skoongemaak, maar hy en sy span sal weer terugkom om die res van die verstopte dreine aan te pak.
“Ek vra net dat die mense vir my skenkings kan gee waar hulle kan. Dit sal my baie help om die dorp beter te onderhou,” het hy afgesluit.
Sodra Oom Piet die dreine skoongemaak het, sal die Randfontein Herald ‘n opvolg verskaf.



