Maria Botha vier 95 jaar se bestaan
'n Leeftyd se herinneringe vir 95-jarige inwoner van Toekomsrus.
Maria Botha het onlangs 95 wonderlike jare op die aarde gevier.
• Lees ook: Gemeenskap wens bejaarde geluk met 100e verjaarsdag
Maria het vertel op hierdie mylpaal verjaarsdag, wat op 6 Maart plaasgevind het, voel sy maar soos altyd, ‘net ‘n bietjie jonger’.
Maria is in Krugersdorp gebore en het haar in 1973 in Randfontein gevestig. Sy is trots om te sê sy het drie kinders, 15 kleinkinders, 35 agterkleinkinders en selfs ses agter-agterkleinkinders met ‘n sewende op pad.
Eer jou ouers en gaan kerk toe soos ek julle geleer het,” het sy aan die jonger generasie raad gegee.
Sy het bygevoeg sy is baie lief vir haar vriende en familie.
Maria het ook genoem sy was die jongste van ses kinders en van al haar broers en susters is sy die enigste een wat steeds leef. Sy is ook die enigste een wat so ‘n hoë ouderdom bereik het.
Haar passies sluit in sing en dans en ook brei, wat haar gunsteling is.
“Ek sê dankie aan die Here vir die jare wat hy my gespaar het,” het Maria gesê.




