Local newsUpdate

VLU dink flink

VLU-lede het 'n groot geleentheid gereël waar inwoners hul denkvaardighede op die proef gestel het.

Die Westonaria Vroue Landbou-unie (VLU) het onlangs ‘n Flink Dink met Musiek en Sang-geleentheid aangebied waar inwoners hul denkvaardighede kon toets.

• Lees ook: VLU hou ‘n flinkdinkaand vir ‘n goeie doel

Volgens VLU-voorsitter en organiseerder, Carol Boonzaier, het 108 gaste die geleentheid bygewoon. Die gaste het ’n vasvra-aand geniet waarna hulle vrae oor Afrikaanse spreekwoorde, idiome en liedjies beantwoord het.

Dit was ‘n groot sukses en ‘n droom wat waar geword het vir die VLU om al die kreatiwiteit en mooi gedekte tafels te ervaar.

“Mense kry selde geleenthede waar hulle bymekaar kan kom om sang en musiek te geniet.

“Dit is ons nalatenskap aan die taal,” het sy verduidelik.

Die geleentheid is geskep as ‘n fondsinsameling vir die VLU om iets moois vir die senior burgers te reël.

VLU-voorsitter en organiseerder, Carol Boonzaier lewer ‘n toespraak.
Die lede van Westonaria VLU.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button