Local newsUpdate

Gemeenskap vat hande om gevaarlike kruising op te knap

Die gemeenskap het onlangs die gevaarlike kruising by Main en Steynstrate geverf om padveiligheid te bevorder. Dit kom na twee sterftes.

Inwoners, ‘n burgeregtelikeorganisasie asook veiligheids- en sekuriteitsmaatskappye het onlangs hande gevat en die kruising van Main en Steynstrate oorgeverf en opgeknap.

• Also read: Infamous intersection claims two lives 

Bemarker van AfriForum, Liezl Bouwer, het vertel die doel van die geleentheid was om die vierrigtingstop-kruising op te knap en veiligheid vir die gemeenskap te verbeter. Dit kom na twee tragiese sterftes verlede jaar daar plaasgevind het.

AfriForum, Mapogo A Mathamaga, EPR Sekuriteit, Stock Theft Information Center (STIC) en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was betrokke by hierdie gemeenskapsinisiatief.

Die pad voordat die gemeenskap begin verf het.
Die pad voordat die gemeenskap begin verf het.

Met die opknapping van die kruising mik die gemeenskap om:

• paaie veiliger te maak vir alle gemeenskapslede
• padveiligheidsbewustheid te skep
• gemeenskapsontwikkeling en ondersteuning te bevorder
• eenheid en welwillendheid vir ‘n gemeenskaplike doel onder inwoners te bevorder

Talle belanghebbendes het die dag bygewoon.
Gemeenskaplede verf die pad.

Die eindresultaat van hierdie inisiatief, volgens Bouwer, sluit in geverfde padtekens en lyne, doeltreffende verkeersrigting, verbeterde openbare veiligheid, en installering van nuwe stoptekenpale.

Die Randfontein Herald het munisipale woordvoerder Phillip Montshiwa genader vir kommentaar, maar geen terugvoering is gegee teen druktyd nie. Hul terugvoering sal gepubliseer word sodra dit ontvang is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button