Local news

GPF bederf behoeftiges vir Paasfees

Minderbevoorregte gesinne is gedurende Paasfees met geborgde kospakkies bederf.

Die Vleikop Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs hande gevat met Roots Slaghuis om verskeie behoeftige gesinne met kospakkies vir Paasfees te bederf.

• Lees ook: Pastoor vertel oor die ware betekenis van Paasfees

Sekretaris van die Vleikop GPF en inwoner Karen Botha sê hulle doen elke jaar iets vir liefdadigheid om minderbevoorregtes te help.

Ons het vanjaar besluit om minderbevoorregte gesinne van kospakkies te voorsien om hulle vir die Paasnaweek te bederf. Die inhoud van die kospakkies het gewissel.

“Elke gesin het verskillende soorte kos gekry omdat ons nie dieselfde skenkings ontvang het nie. Ons het ook gesorg dat daar lekkernye vir die kinders is. Van die kinders het melkskommels ontvang wat ons kon voorsien van die melk wat geborg is. Ander kinders het jellie- en vlapoeierpakkies ontvang.”

Sy het genoem dat die skenking van die gemeenskap gekom het en baie lede het ook vir borge buite die dorp gevra. Die GPF-patrolleerders het die kospakkies op 18 en 19 April aan die families oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button