‘n Dag vol verweerkuns, motorfietse en versnaperinge
'n Plaaslike besigheid het onlangs groot vermaak gebring met 'n vertoning van verweerkuns, 'n hoenderhappies stalletjie asook veldmotorfietse.
Eienaars van Oupa Piet Vulstasie, Corrie en Pieter Zaayman, het onlangs ‘n dag vol vermaak na die dorp toe gebring.
• Lees ook: Kos en vermaak van formaat by AGS Middelvlei basaar
Op hierdie dag het Corrie en Pieter die gemeenskap genooi om verweerkuns te aanskou. Die gemeenskapspolisiëringsforum het die vertoning aangebied asook verduidelik wat die kuns behels.

Daar was ook ‘n stalletjie wat smaaklike hoenderhappies aangebied het. RFT Racing het hul verskeie veldmotorfietse uitgestal en ook ‘n toer om die dorp gevat om mense aan die sport bloot te stel.
Die geleentheid was suksesvol. Ons is ‘n familiebesigheid en wil graag die deelnemers as groter familie insluit,” het Corrie vertel.





