Local news

Fikse Freddie nog gesond op 102

’n Toekomsrus-inwoner het onlangs ’n mylpaalverjaarsdag gevier en deel sy ervarings van so ’n lang lewe.

Freddie Solomons het saam met sy familie en gemeentelede, ’n ete ter viering van sy 102de verjaarsdag op 23 Mei geniet.

• Lees ook: Gewone oefeninge? Aikona …. spring jouself fiks!

“Ek voel baie geëerd om hierdie ouderdom te bereik. Ek is die Here my God innig dankbaar vir so ’n gesonde en geseënde lewenstyd,” het Freddie gesê.

Sy grootste herinnering bly die dag waarop hy sy vrou aan die dood moes afstaan. Saam het hulle sewe kinders gehad, 25 kleinkinders, 62 agterkleinkinders en 21 agter-agterkleinkinders. Hy het bygevoeg dat hy ook ’n oud-soldaat is en in die Tweede Wêreldoorlog geveg het.

Freddie het verder vertel dat hy ’n passie het daarvoor om sy erf skoon en netjies te hou. Hy hark en vee self sodat alles netjies is wanneer hy besoekers ontvang. Hy het bygevoeg dat hy daagliks uit die Bybel lees, wat aan hom vertroosting en vrede in die Here bring.

“My vertroue is in my Here,” het hy gesê.

Ek aanvaar die lewe soos dit kom. As ons ons ouers eer en respekteer, sal God ons seën en ons dae verleng,” het hy as raad aan die jonger geslag gegee.

Hy het wel genoem dat hy voel die wette van vandag bring nie orde by kinders nie, maar gee eerder regte wat ouers dikwels nie kan hanteer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button