Local news

Sterte swaai vir VLU se hartlike kombers-skenking aan DBV

DBV se diere blaf van blydskap nadat VLU Ridderspore 20 komberse geskenk het.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Ridderspore het onlangs sterte laat swaai toe hulle 20 komberse aan die DBV se Randfontein-tak geskenk het.

“Ons is ’n organisasie wat nie net mense help om hul vaardighede te verbreed nie, maar ook diere ondersteun,” sê Leonie Calitz, woordvoerder van die VLU.

Volgens haar is daar altyd ’n groot behoefte aan komberse by die DBV, en daarom het hulle besluit om dié skenking te maak.

“Ek dink dit was ’n sukses. Dit was heelwat koud die vorige nag. Die personeel was baie dankbaar en het gesê die honde gaan nou lekker warm wees,” het sy vertel.

Die VLU hoop dat hierdie liefdadigheidsprojek die gemeenskap sal aanmoedig om nie net na mekaar nie, maar ook na diere om te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button