Kry jou denkvaardighede gereed: Connie Mulder om Bingo-aand aan te bied
Om fondse in te samel sodat hul vir hul behoeftige inwoners kan sorg, sal die Connie Mulder-sentrum hul gewilde Bingo-aand hou.
Die tyd het aangebreek vir die Connie Mulder-sentrum om uiteindelik hul gewilde Bingo-aand aan te bied as ‘n manier om fondse vir hul inwoners in te samel.
Die geleentheid sal op 25 Julie om en by 19:00 begin en sal by 3 Betty Straat, Wilbotsdal, plaasvind.
Persoonlike assistent vir die operasionele bestuurder, Anche Steyn, het uitgespreek dat hierdie fondsinsamelingsprojek een van die sentrum se grootste is.
“Alle fondse wat ingesamel word gaan direk vir die versorging van ons inwoners. Daar is verskeie pryse, klein en groot, wat gewen kan word op daardie aand,” het sy vertel.
Die sentrum nooi die gemeenskap uit om hul eie eet- en drinkgoed te bring en die aand te geniet
Indien iemand belangstel, kan hul die webtuiste by https://conniemuldercentre.co.za/ besoek.



