Local news

Skoonheidsprinsessie Ava (7) wil Connie Mulder Sentrum help

'n Jong skoonheid van slegs 7 jaar oud, wat 'n hart het vir die behoeftige gemeenskap, het besluit om vanjaar uit te reik na die Connie Mulder-sentrum.

Die sewejarige skoonheidsprinses Ava Skye Range het besluit om haar tyd aan liefdadigheid te wy, en het die Connie Mulder Sentrum as haar fokus gekies.

Ava is Little Miss Krugersdorp 2023/ 24 en vanjaar weer een van die finaliste. Vir haar liefdadigheidsprojek het sy besluit om die sentrum te ondersteun, aangesien dit baie na aan haar hart lê.

“Ons doen al ons liefdadigheidswerk by die sentrum. Na die skoonheidskompetisie sal ons dit steeds met donasies ondersteun. Dit leer vir Ava hoe ernstig die lewe is en dat almal hulp verdien,” het haar ma, Amoré Oberholzer, gesê.

Vanjaar pak Ava verskeie projekte aan om die sentrum se inwoners te help. Onlangs het hulle ’n sop-en-broodjieprojek gehou waartydens hulle 250 inwoners van kos voorsien het. Hulle samel tans nie-bederfbare produkte in, insluitend blikkieskos, pasta en higiëniese produkte.

Verder werk hulle aan ’n projek waarin inkleurboeke met pragtige prente ontwerp word vir die inwoners om in te kleur.

“Ons harte lê vanjaar by mense met gestremdhede en om seker te maak hulle kry die ondersteuning wat hulle nodig het. Ons betaal alle donasies uit ons eie sak,” het Amoré gesê.

Ava het bygevoeg dat sy baie gelukkig is om ander mense te kan help.

Enigiemand wat belangstel om donasies te maak, kan Amoré kontak by 069 688 8875.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button