Local news

Gewilde NWK Boeremark bring talle reuke en geure

Die onlangse NWK Boeremark het 'n wye verskeidenheid van ditjies en datjies aangebied, en honderde gemeenskapslede op 'n warm lentedag bymekaargebring.

Verskeie reuke van soet en sout was in die lug tydens NWK se onlangse gewilde Boeremark.

Bestuurder van NWK, Jacques Opperman, het verduidelik die boeremark se doel was om die gemeenskap bymekaar te bring. Hy het verder vertel daar was ongeveer 20 stalletjies en min of meer 250 besoekers vir die dag.

Jacques noem die NWK hou elke ses maande ‘n groot boeremark en beplan om ook ‘n sterkman kompetisie te hou.

Die Van Niekerk-familie het gespog met hul trotse familiebesigheid – pa Paul met sy heerlike biltong, ma Tswanette met haar sakke, seun Emilé met sy plante en dogter Amoré met haar handgemaakte juwele.

Raymond Els en Tienette Putter van Safari Agri Boerdery. Foto: Dominique Duvenhage

Safari Agri Boerdery het hul verskeidenheid plaasprodukte gewys, insluitend heuning, eiers en vars hoender.

Tersia Brits en Sini Visagie. Foto: Dominique Duvenhage

Selfgemaakte entrepreneur, Tersia Brits, het haar handgemaakte gemmerbier verkoop.

“Die besigheid is ‘n nalatenskap van my man wat vier jaar terug oorlede is. Gedurende Covid het ons albei besluit om die besigheid te begin. Na sy afsterwe het ek besluit om die besigheid te laat voort leef,” het Tersia verduidelik.

Sarel en Louise Eybers, Anna Spoelstra en Brenden Grobbelaar. Foto: Dominique Duvenhage

Maranata Aanbieding Sentrum van Middelvlei het die dag gebruik as ‘n fondsinsameling. Volgens pastoor Sarel Eybers het hul vars peuselhappies verkoop om geld in te samel vir die kinders om ‘n heerlike vakansie te geniet. Hul het ook geverfde klippe weggegee wat mense kon wegsteek sodat ander mense die klippe kan optel en ook ‘n mooi boodskappie ontvang vir die dag.

Kevin Hamann met een van sy handwerke. Foto: Dominique Duvenhage

Kevin’s Crafts was nog ‘n stalletjie wat groot opwinding veroorsaak het. Eienaar Kevin Hamann vertel hy maak messe en staalprodukte wat ‘n geruime tyd vat. Hy het verder vertel dat dit sy passie is om die produkte te skep en dat hy goed is met sy hande.

Petra de Waal met een van haar versierde bottels. Foto: Dominique Duvenhage

Petra de Waal het haar herwinde items verkoop wat sy self omskep het in kreatiewe produkte.

“Om hierdie produkte te maak is fantasties. Dit is gewoonlik goed wat mense sal weggooi, maar dan skep ek iets mooi daaruit,” het Petra vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button