Local news

Sionspoort om spesiale projek deur orrelmusiek en gebaretaal aan te bied

Die 'Waar stilte sing' projek sal vir die eerste keer as musiekstuk by Hervormde Gemeente Sionspoort uitgevoer word in gebare taal deur die Transoranje koor vir dowes.

Die Hervormde Gemeente Sionspoort beplan om vanjaar weer die gemeenskap te bederf met ‘n spesiale projek waar die Transoranje Koor vir Dowes ‘n gebare taal optrede sal uitvoer.

Die besondere gebeurtenis sal om 10:00 op 20 September by die gemeente plaasvind. Die program sluit in ‘n orrelkonsert gelewer deur Theo van Wyk, ‘n optrede van die Transoranje Koor vir Dowes asook die Alberton Dameskoor onder leiding van Paul Potgieter. Hierby is die National Art Association van Suid-Afrika ook betrokke saam met die Dell Arte kunstefees vereniging.

Transoranje Koor vir Dowes, wat beter beken staan as ‘Hands of Harmony’, het vir die eerste keer op 27 Oktober verlede jaar hulself aan die Randfontein-gemeenskap voorgestel gedurende die kerk se 500 jarige viering van kermusiek.
Gedurende hierdie viering het die kerk vir vier Sondae in Oktober ‘n ander eeu aangebied, wat insluit 1524–1624, 1624–1724, 1724–1824, 1824–1924 en 1924–2024.

Volgens Sionspoort se orrelis, Rudi van Wyk, het koor-dirigente Carmen Bredenkamp en Megan Bester uitgesien om buite hul streek op te tree. Rudi het bygevoeg, die kinders van die Transoranje Koor vir Dowes het die geleentheid ten volle geniet.

Prof Theo van Wyk en orrelis Rudi van Wyk voor Meweville se orrel.

“Musiek is dus vir die wat anders dink en doen as ons. Ek wou vir mense wys dat musiek ‘n universele taal is en geen grense het nie,” het hy opgemerk.

Rudi het verder vertel die boodskap wat die dowe koor uitdra is een van bewusmaking dat gehoorgestremdes ook deel het aan musiek.

Die slotsang, het Rudi gesê, was een van inklusiwiteit waar die gemeente saam met die orrel gesing het.

Rudi het verduidelik hoe die dowe koor hul talente uitvoer.

“Al is die lede doof, leer hul die musiek aan deur sekere vibrasies en klanke wat aanduiding gee tot die mates van musiek wat gebruik word. Hierdie is nie ‘n maklike proses nie, maar met toegewyde koordirigente is dit moontlik. Die woorde word dan omskep in gebare taal, wat dan aan die gehoor wat die woorde kan hoor, gewys word,” het hy genoem.

Rudi het onlangs Prof Theo van Wyk gekontak, wat verbonde is aan die musiek afdeling van die Universiteit van Pretoria.

Volgens Rudi bevorder Theo nie net musiek op ‘n nasionale vlak nie, maar internasionaal ook. Theo staan vir die bewaring van historiese instrumente en ook die ervaring daarvan om by die verskillende pyporrels in Suid-Afrika uit te kom en te bespeel.

Hierdie jaar komponeer Theo ‘n nuwe orrelwerk waar vibrasies gebruik kan word om liedere meer toeganklik vir gehoorgestremdes te maak. Rudi is gevra, as orrelis, om ‘n stuk te skryf, wat later opgeneem is en deel van ‘Hands of Harmony’ se handelmerk sal word.

Volgens Rudi was hierdie projek die begin van ‘Waar stilte sing’.

“Musiek het eeue ‘n impak op die mens en word as universeël beskou. Dit raak die hart en voed die siel.”

Hierdie geleentheid is ook deel van ‘n groter inisiatief wat bydra tot ‘n groter doel vir toeganklikheid. Die projek ‘Waar stilte sing’ is al lank in werking, maar dit sal amptelik as musiekstuk op die dag uitgevoer word. Die Transoranje Koor vir Dowes sal ook die musiekstuk vir die eerste keer in gebare taal uitvoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button