Local newsUpdate

Familie en vriende neem afskeid van dapper jongman, JJ Venter

Die dapper JJ Venter (21) is op 28 September oorlede na sy stryd teen kanker en sy suster deel ’n hartroerende huldeblyk van sy lewe en nalatenskap.

John Robert “JJ” Venter (21) is op 28 September oorlede na ’n moedige stryd teen Ewing-sarkoom, ’n seldsame vorm van beenkanker. Sy begrafnisdiens is op 3 Oktober by Gracepoint Fochville gehou, waar familie en vriende afskeid geneem het van ’n jongman wie se lewe kort, maar betekenisvol was.

Sy familie onthou hom as ’n dapper, positiewe en liefdevolle mens wat altyd ander laat lag het en wie se teenwoordigheid ’n blywende indruk gemaak het.

Voor sy afsterwe het JJ aan die Randfontein Herald vertel dat hy ’n gesonde, aktiewe lewe gelei het, met ’n groot liefde vir rugby en netbal.

• Lees ook: Ek kan nie net opgee nie – JJ (21) na kankerdiagnose

Ian Lindsay, JJ en sy suster Merelda Venter.

Al het sy kankerdiagnose groot uitdagings gebring, het hy tot die einde toe positief gebly en sy siekte met moed aangepak.

Sy suster, Merelda, beskryf hom as iemand wat altyd homself was, ander laat lag het en nooit opgegee het nie.

• Lees ook: Car show to raise funds for JJ in his fight against cancer

“Sy woorde was elke keer: ‘Ek vat dit net een dag op ’n slag’,” het sy gesê. “Selfs toe hy siek was, het hy steeds grappe gemaak en sy familie getroos.”

JJ Venter saam sy vriendin, Leanke Coetzee.

Merelda het bygevoeg dat JJ altyd die beste in mense gesien het en haar geleer het om die lewe te waardeer en nooit moed op te gee nie.

“Hy sou nie wou hê ons moet sy siekwees onthou nie, maar hoe hy was – ’n bok vir sport en altyd reg om enige taak aan te pak,” het sy gesê.

JJ se gunstelingmotto was: “The show must go on.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button