Schools

Rappies kondig hul dapper leiers vir 2025 aan

Laerskool Rapportryer se nuwe leiers is gereed om hul leierskapreis aan te pak.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul leiers vir 2025 aangekondig.

Hierdie groep leerders gaan vroeg in 2025 op ‘n kamp as deel van hul leierskapsreis. By die kamp sal die leerders die geleentheid kry om hul vaardighede en selfvertroue verder te ontwikkel.

Volgens die skool se woordvoerder sal die kamp klem lê op samewerking, selfdissipline en karakterbou, wat alles noodsaaklike elemente is om ’n leier vas te vang.

“Hierdie groep, wat na aan die hart van die skool lê, beloof om ‘n merkwaardige verskil te maak deur hul toewyding en passie vir die skoolgemeenskap,” het Celeste Wentzel vertel.

Verder het die leiervoogde Magda Swart en Gordon Taylor uitgespreek hoe dankbaar hulle vir die leerders is en hulle vertrou op die Here om leiding en inspirasie vir elke leerder te verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button